Wolfgang WIJDEVELD

WOLFGANG WIJDEVELD - Wokke

* Maandag, 9 Mei 1910, ‘s-Gravenhage, Den Haag, Nederland

† 12 Desember 1985, Laren, Bilthoven, Utrecht, Nederland

Gedig

’n Sanger

Gedurende die tydvak waarin die groter gemeenskap van komponiste geneig was om betrokke te raak by Frankryk, het Wolfgang Wijdeveld oorgeleun na Rusland en Hongarye.

Hy word as ‘n interessante, gedrewe komponis met ‘n goeie skoot beskeidenheid beskryf, wat daartoe bydra dat sy musiek eers wyd bekend geword het na sy dood.

Ton Hartsuiker, ‘n oud-direkteur van Utrechtse Konservatorium, omskryf Wolfgang se persoonlikheid as warm, meelewend, met ‘n uitstekende onderrigvermoë.

‘n Musiekprodusent van Enschede, Jelle van Buuren, het in 1999 die inisiatief aan die dag gelê om ‘n CD met Wolfgang se musiek op te neem en aan die einde van Van Buuren se lewe is talle van Wijdeveld se komposisies in die Rosa Spierhuis te Laren uitgevoer.

Wolfgang se vader was Hendrikus Theodorus Wijdeveld (1885 – 1987), ‘n argitek en brugbouer in Suid-Afrika. Pa Hendrikus Theodorus het in die Anglo-boereoorlog as vrywillige manskap by Genl Piet Cronje aangesluit, saam geveg, is gevange geneem en na die konsentrasiekamp op St. Helena Eiland verban. Wolfgang se moeder was Ellen Philippina Kohn, bekende tjellis van haar tyd.

Sy grootmoeder aan moederskant was die Duits-Joodse pianis, Ruscha Schönfeld (1857 – 1946), ‘n student van Johannes Brahms. Sy het ook die komponiste Johan Strauss, Richard Wagner en Max Reger geken. In 1850 het sy ‘n konservatorium in haar tuisdorp, Gleiwitz, Bo-Silesië (deesdae Glivice in Poland) gestig.

Wijdeveld trou iewers na 1937 met Alexandrina Hubertina Joosten in Bloemendaal, Nederland. Een kind word uit die huwelik gebore - Saskia Wijdeveld. Nadat hy in 1942 geskei het, trou Wijdeveld met Ellinor Esther Harssop.

Nadat sy moeder hom aanvanklik onderrig studeer Wolfgang klavier by Cornelius Berkhout en harmonie by Willem van Warmelo. By die Amsterdamse Konservatorium ontvang hy later klavieropleiding onder Willem Andriessen. Vir twee jaar ontvang hy privaatlesse oor komposisie by Willem Pijper. Sem Dresden leer hom teorie en Cor Kint leer hom viool, ook by die Amsterdamse Konservatorium. Saar van Alphen het hom in sang opgelei.

Wijdeveld is vanaf 1930 tot 1954 pianis en komponis werksaam by die Yvonne Georgi Balletgeselskap. In 1939 reis hy as begeleier saam met die balletgeselskap na Amerika.

Ander poste wat hy gevul het was onder andere: Direkteur van die Stedelijke Muziekschool in Zwolle, dosent aan die Konservatorium in Utrecht in metodiek en klavier en voorsitter van die Amsterdamse Afdeling van die Koninklijke Nederlandse Toonkunst Vereniging. By die Amsterdamse koerant, Het Vrije Volk , was hy kritikus. Ook was hy by die Konservatorium van Arnhem betrokke en voorsitter van die Vereniging van Dosente aan die Utrechtse Konservatorium. Wijdeveld het, volgens verskeie koerantberigte, gedurende sy lewensloop jare lank aan skoolkonserte en die versorging van lesings vir die Volksuniversiteite gewerk en daardeur bewusmaking van musiek aangehelp. Hy was voorts betrokke by verskeie opdragwerke.

Op 8 Februarie 1962 vertrek Wolfgang en sy pa op ‘n twee maande lange reis na vyftien Amerikaanse universiteite om lesings oor musiek en argitektuur te gee. Sy musiek het die voorstelling van sy pa se argitektoniese werke gekomplimenteer.

In sy laaste jare het Wolfgang katerakke en ander mediese probleme ontwikkel en hy sterf op 12 Desember 1985 te Laren, Bilthoven, Utrecht.

Wolfgang se grootmoeder, Ruschka Kohn Schönfeld, het ook haar laaste jare in Utrecht deurgebring en sy is in die Den en Rust Begraafplaas, Bilthoven, Utrecht, begrawe. In haar graf rus ook drie ander lede van haar familie, naamlik Wolfgang Wijdeveld self, sy vader Hendrikus wat in 1987 op 101 jarige ouderdom oorlede is en sy moeder Ellen.

Ander Afrikaanse digters getoonset

WEG Louw, HH Joubert, T van den Heever, CJ Langenhoven, NP van Wyk Louw en CM van den Heever.

Militere rekords uittreksel

31 Desember 1954, naam van koerant is onbekend

Trouw, 3 Februarie 1962

Gesamentlike graf is in Den en Rust Begraafplaas, Bilthoven in Utrecht

Walliese vertaling van die gedig ‘n Sanger

Toonsetting: ’n Sanger