WILLEM NAUDé BURGER
* 3 September 1949
Gedigte
Vir sy doktorale graad, komponeer Naudé die gedigte van AD Keet: Trilogie vir dameskoor, altsolis en strykorkes: Verlate, Weemoed en Kontras, in 1980 aan die Universiteit van Pretoria
Willem Naudé Burger het self sy lewensreis beskryf
Op sesjarige ouderdom ontvang Naudé klavieronderrig van sy moeder. In 1967 slaag hy matriek aan die Hoërskool Drie Riviere te Vereeniging. Gedurende sy skoolloopbaan slaag hy al UNISA se eksamens met lof.
Na skool was sy leermeesters Sini van der Brom, Philip Levy, Japie Human en James Gibb in London en Edwin Broedrich. Walter Mony en Kees Pieterse het hom gelei om viool, altviool en klarinet onder die knie te kry. Opleiding in Lieder het hy Margaret van der Post ontvang.
Koorafrigting ontvang hy van Johan Potgieter en Chris Swanepoel en meestersklasse van Hennie Joubert. By Edgar Cree ontvang hy opleiding in die dirigeerkuns, partituuranalise en instrumentale problematiek.
In die finale jaar van studie vir sy BMus graad in 1972, het hy deeltydse instrumentale musiek as matriekvak aan Greykollege, Bloemfontein doseer. Gedurende sy studiejare was hy die stigter en dirigent van die Bloemfonteinse Seunskoor. In 1972 word hy aangewys as pianis van die jaar van die Universiteit van die Vrystaat.
In 1973 aanvaar hy ‘n permanente betrekking as dosent in klavier, harmonie, viool en musiekteorie aan die Tegniese Kollege, Rustenburg. Tot in 1981 is hy werksaam as dosent aan die Onderwys Kollege Pretoria.
Naudé was in 1974 die stigter en dirigent van die Pretoriase Jeugsimfonieorkes.
In 1975 volg die graad BMus Hons aan UNISA en in 1980 MMus in komposisie aan die Universiteit van Pretoria. In 1985 behaal hy die DMus graad in musiekwetenskap en orkestrasie aan UNISA.
In London het hy dirigeerkuns aan die Guildhall School for Music and Drama bestudeer. In Bonn, Wes-Duitsland, het Volker Wangenheim hom verder opgelei in die dirigeerkuns. Gedurende hierdie tydperk het hy ook in Duitsland en Oostenryk navorsing gedoen.
By Laerskool Skuilkrans (1981 – 1986) onderrig hy musiek en by ‘n buite-kurrikulêre musieksentrum doseer hy musiekteorie. Hierdeur skik sy program só dat hy sy doktorsgraad kan voltooi en meer aandag aan sy dogter, 3 jaar en sy seun, 1 jaar, te gee.
Die Noord Transvaalse Jeugsimfonieorkes het hy gestig en gedirigeer in 1978.
‘n Jaar later aanvaar hy ‘n betrekking as Direkteur Musiek van die SA Weermag, met die doel om ‘n simfonie-orkes te stig en te bedryf. Hy word ook aangestel as artistieke direkteur en dirigent van die Johannesburgse Simfonieorkes en die blaasorkes, Die Basuin.
Bevordering tot Senior Direkteur Musiek, met die rang van Lt Kol, vind in 1990 plaas. Hy word die musiekbevelvoerder van die orkes-eenheid, wat bestaan uit die senior militêre orkes, vermaaklikheidsgroep en die simfonie-orkes.
Tot met vervroegde pensioen in 1997 dirigeer hy die SA Weermag Simfonie-orkes op ‘n voltydse basis en bied konserte op gereelde basis deur die hele Republiek van Suid-Afrika aan.
Die Afrikaans Hoër Seuns- en Meisie-skole van Pretoria ervaar sy kundigheid as dirigent en afrigter in 2000. By die Affies gooi hy sy gewig in by die simfonie-orkes en die blaasorkes en tree op as hoof van die musieksentrum.
Hy was vir etlike jare lank lid van die SAUK Junior Simfonie-orkes, Johannesburgse Stadsorkes, Vrystaatse Jeugorkes en die Vrystaatse Universiteitskoor. As pianis het hy talle toekennings en merietebeurse ontvang en onder andere as solis saam met die Durbanse Simfonie-orkes opgetree.
Naudé is ook bedrywig as komponis en geregistreer by SAMRO. Verskeie van sy orkestrale werke is al in die openbaar uitgevoer. ‘n Besondere eer het hom te beurt geval toe twee van sy orkestrale komposisies met die Warsau Simfonie-orkes in Poland gedurende vier geleenthede in 1996 uitgevoer is.
Naudé en sy eggenote het ‘n besondere liefde en passie vir jong kinders, diere en die natuur.
Ander Afrikaanse digters getoonset
G Fagan
Brief van DJ Opperman aan Keet op 27 Maart 1958
Toonsetting: Weemoed
Toonsetting: Kontras
Toonsetting: Verlate