Pieter Johannes DE VILLIERS

PIETER JOHANNES DE VILLIERS - Piet Vingers of Prof Piet

* 19 Junie 1924, Klerksdorp

† 18 Mei 1951, Stellenbosch

Gedig

Ek Hou van Blou

Pieter de Villiers is bekend as pianis, orrelis, begeleier, kamermusiek, koormeester, klavesimbelspeler en komponis

Toe hy begin komponeer het, het De Villiers gesê “...mens kan net komponeer wat binne jou is, anders is dit nie eg nie.” Alvorens hy met ‘n komposisie begin het, het hy die tekste vir homself oor en oor geresiteer om die ritme van die woorde te vind. “Die tekste met singbare melodieë maak hul kulturele eiendom”, het De Villiers laat hoor.

Pieter de Villiers was die middelkind van drie, met ‘n ouer broer en jonger suster. Sy pa was Leonard (Lennie) de Villiers en ma was Johanna Christina (Hanlie) du Toit. Pa Leonard was onderleg in vioolspel.

Na matriek aan die Standerton Hoërskool registreer hy vir ‘n graad in medisyne, maar verander sy studierigting in 1943 na BA Klassieke Tale aan die Universiteit van Pretoria (UP), gevolg deur ‘n BMus graad aan die Universiteit van Stellenbosch (US). Hy word musiekdosent onder die wakende oë van Maria Fismer, Elise Lubbe en Walter Swanson.

In later jare het De Villiers ook die UVLM, UOLM en UBLM kwalifikasies via UNISA behaal.

Tussen 1948 en 1953 het hy as pianis en koorleier saam met die Stellenbosch Kweekskoolkoor vyf konserttoere meegemaak.

Op 7 September 1960 trou hy met Eleanor Johannes (25 November 1925 – 9 November 2017), professor in taalkunde aan die Universiteit van Johannesburg. Sy was die dogter van Heinrich Johannes Siegfried Johannes en Anna Margaretha Fredrika van Rooyen.

By die US vul hy van 1948 - 1953 ‘n lektorspos. Dit is opgevolg deur ‘n pos aan die Universiteit van Potchefstroom (1954 – 1961), terwyl hy steeds deeltyds betrokke gebly het by die UP. Vanaf 1962 tot 1967 doseer hy voltyds klavesimbel, klavier en orrel aan die UP, waarna hy terugkeer na Universiteit van Potchefstroom waar hy in 1968 sy professoraat ontvang, en tot sy aftrede in 1984 aanbly.

Vanaf 1967 is hy verbonde aan die SAUK en werk as begeleier met onder andere Werner Nel, Cecelia Wessels, Betsy de la Porte, Joyce Baker, Sarie Lamprecht, Hanli van Niekerk en Mimi Coertse.

De Viliers begin komponeer en toonset op 35 jarige ouderdom en werk veral met gedigte van Boerneef en DJ Opperman.

In die 1960’s het hy gedien op die FAK se Platekommissie saam met onder andere J Bouws, DIC de Villiers, SH Eyssen, H Gutsche, AC Hartman, PJ Lemmer, GC Cillié, R Nepgen, MC Roode en P McLachlan.

Vele van De Villiers se toonsettings , soos byvoorbeeld van Keet se gedig Ek hou van blou, is op plate opgeneem. Hierdie spesifieke toonsetting is ook op die plaat Mimi Coertse en die Afrikaanse Lied en in die FAK sangbundel opgeneem. Daar word genoem dat De Villiers as prominente liedkomponis / toonsetter meer as honderd liedere gelewer het en as klavierbegeleier op vele plaatopnames opgetree het. Van sy bekendste komposisies is: Sewe Boerneefliedjies, Klein Psalmkantate, Pretoria-suite vir klavier en Op die Kro’vlak.

Hy was die eerste om al die getoonsette Psalms en Gesange in Afrikaans op te neem, gesing deur die Sangluskoor. Hierdie proses het sewe jaar geduur. Hy tree dikwels in Suid-Afrika op as solo pianis en klavesimbelspeler, ook saam met die Kaapstadse Stadsorkes en die SAUK orkes. Vanuit Rhodes Universiteit skryf die joernalis Daniela Heunis die volgende oor Pieter de Villiers: “Hierdie geliefde komponis komponeer uitsluitlik musiek vir Afrikaanse tekse, wat hom ongelukkig ontoeganklik gemaak het vir nie-Afrikaanssprekende luisteraars.”

Die familie verhuis in 1985 na Stellenbosch, waar Pieter de Villiers op 18 Mei 2015 in die ouderdom van negentig oorlede is. Hy word oorleef deur sy vrou, Eleanore, hul dogters Anna, Hanlie en Eleanore se kinders uit haar vorige huwelik.

Gedurende sy leeftyd het Pieter de Villiers die volgende toekennings ontvang:

1991: FAK toekenning vir uitsonderlike bydrae tot die ontwikkeling van musiek

1982: Toekenning van die Akademie vir Wetenskap en Kuns in Suid-Afrika

1985: SAUK Artes Toekenning 2002 en ‘n Spesiale toekenning van die ATKV

Die Odeion String Quartet van die Universiteit van Oranje Vrystaat het aan De Villiers ‘n toekenning gegee vir sy werk met klassieke musiek.

Ander Afrikaanse digters getoonset

Boerneef, CL Leipoldt, T van den Heerden, IL de Villiers, DJ Opperman, E Eybers, M Coertse, AG Visser, J Pescod, Eitemal, L Faul, G Fagan, EN Marais, ES Hylton en T Wassenaar

Toonsetting: Ek hou van Blou

Musiek: Ek hou van Blou, gesing deur Mimi Coertse

Ek hou van Blou