Peter Lawrence COHEN

PETER LAWRENCE COHEN

* 17 Mei 1937, Johannesburg

† 1977, Duitsland

Gedig

Weemoed, 1964, onopspoorbaar

Prokureur, lektor in musiek en komponis

Ruth Rome en Brigitte Wild het tydens sy vroeë kinderjare vir Cohen opleiding in musiek gegee. Steward Hylton Edwards het hom opgelei in komposisie.

Op twaalfjarige ouderdom het hy begin komponeer en in 1954, sy matriekjaar, het die SAUK sy eie klaviersonate uitgesaai.

Na ses maande van studie aan die Guildhall School of Music in London (1955/1956) keer Peter terug na Suid-Afrika om die wens van sy ouers om in die regte te studeer, af te handel. Hy verwerf ‘n regsdiploma in 1958 aan die Universiteit van die Witwatersrand en word hy toegelaat as prokureur van die Hooggeregshof van Suid-Afrika, Transvaalse Provinsiale Afdeling en van die Hooggeregshof in Swaziland. Hierdie poste het hy beklee tot 1964.

Terwyl Peter as regspraktisyn gewerk het, het hy ‘n intensiewe studie van die lewe en werke van Bach gemaak en met klavierspel en komposisie voortgegaan.

Die finansiële ondersteuning van sy pa het Cohen in staat gestel om in 1966 ‘n voltydse musiekstudent aan die Universiteit van Pretoria te word. Die UOLM diploma in klavier volg in 1967 en in 1968 verwerf hy die UOLM diploma in harmonie en kontrapunt. Sy finalejaar skripsie heet Structural Synthesis in the 14 last Rondos of CPE Bach.

Die BMus graad (Cum Laude) word aan hom toegeken met onderskeiding in vyf vakke. ‘n Lektorspos in musiek aan die Universiteit van Port Elizabeth volg en hy word assistentredakteur vir musiek van die New Nation koerant.

UNISA het hom aangestel as ad hoc eksterne gesaghebbende oor Bach en aan hom die opdrag gegee om vir die studente studie-aantekeninge oor hierdie onderwerp saam te stel.

Met ‘n beurs van die Deutsche Akademischer Austauschdienst in sy sak, gaan rond hy sy studie oor die werk van Bach in Berlyn af. As skoolonderwyser het hy in Duitsland aangebly totdat hy in 1975 ‘n aanstelling as personeellid van die Musiekdepartement van die Witwatersrand Universiteit gekry het.

In 1975 aanvaar hy ‘n betrekking in Duitsland om musiek te doseer.

Tydens sy vroeëre jare in Johannesburg en Pretoria was Cohen ‘n stigterslid van die Rare Music Guild en van Musica Rara. Van sy komposisies is vir uitsending deur die SAUK aanvaar en andere is in die openbaar in Pretoria uitgevoer.

Hy komponeer ‘n redelike hoeveelheid klaviermusiek, asook vokale musiek, ‘n klein hoeveelheid kamermusiek en ‘n paar werke vir die klawesimbel. Verskeie publikasies het uit sy pen verskyn.

Ander Afrikaanse digters getoonset

WEG Louw, W Knobel, TJ Haarhoff, JC van Vuuren, JFE Celliers en Eitemal.