Johannes Petrus Joducus WIERTS

JOHANNES PETRUS JODUCUS WIERTS - Jan

* 9 April 1866, Gennep, Limburg Provinsie, Nederland

† 19 Februarie 1944, Den Haag, Nederland

Gedigte

Verlange
Amsterdam
Kinderlied/Voorjaarslied/Transvaal Kinderlied
Klaas Vakie
Winter

Nederlandse komponis, orrelis en koordirigent

“Wie een volk in zijn hart wil zien, moet zijn lied kennen”- JPJ Wierts

Johannes Wierts se vader was Wilhelmus Petrus Wierts en Johanna Catharina Wierts-Moors sy moeder. Sy derde naam het hy van sy oom, Judocus Wierts, ge-erf.

Hy het sy musiekopleiding in klavier en orrel by Nicolaus Adrianus Janssen ontvang en hy is tuis in komposisieleer onderrig.

Op 19 Januarie 1904 trou hy met Albertina Maria Bakker. Vier kinders is uit die huwelik gebore.

Toe hy in Oude Delftweg 159 gewoon het, was hy dosent aan die Gymnasium der Jezuïeten in Katwijk aan Rijn. Hy was ook orrelis en koordirigent te Gorinchem en musiekdirekteur te Delft, waar hy veertien jaar lank orrelis van die Sint Hippolytus Kerk was. Vanaf 1910 was hy musiekdosent in Den Haag en in 1911 verhuis hy na ‘s-Gravenhage waar hy werksaam was as komponis, pedagoog en beoordelaar.

Wierts was een van die Nederlandse toonsetters wat vroeg aan die singbaarheid van Afrikaans erkenning gegee het deur middel van sy bundel Ses Afrikaanse Liedere.

As komponis van koorwerke en liedere geniet hy groot populariteit in Nederland, Vlaandere en Friesland. Heelparty digters het woorde op sy komposisies geskryf, waarvan die beminde Onder Moeders Paraplu (Anna Sutorius) die bekendste in Nederland is. Sommige van sy liedbundels het meer as vyftig herdrukke beleef - in 1944 staan die getal gedrukte musiekstukke reeds op 2,500 000.

Die Zingende Stemmen tydskrif, waarvan Wierts redakteur was, het in 1918 tweeweekliks verskyn en het gefokus op koor-, volks- en kindersang vir Nederlandse sangers en sangverenigings. In een uitgawe het Wierts ‘n lewenskets van Willem Mengelberg gepubliseer waarvan die inhoud saamgestel was met die medewerking van deskundiges op die musikale front, soos Anna Lambrecht-Vos, Hendrik C van Oort en Arnold Spoel. Laasgenoemde drie het ook gedigte van Keet getoonset. Hulle strewe was na soveel moontlik Nederlands - veral Nederlandse musiek.

Hollands vlag, je bent mijn glorie, teks deur GW Lovendaal, getoonset deur Wierts, is opgeneem in die populêre liedbundel Kun je nog zingen, zing dan mee (1906). Hierdie bundel het in 1986 reeds sy een en veertigste druk beleef met meer as 1 miljoen kopieë reeds verkoop.

Die Pontonniers-lied (JM van Hoogstraaten, 1914), wat deel is van die genre Geniemusiek wat op die slagveld gebruik is om troepe aan te moedig, is deur Wierts getoonset.

In 1898 het Wierts die Genneps Volkslied van die digter Hilgers getoonset. Gennep is geleë in die provinsie van Limburg. Hierdie volkslied word by groot feeste gesing en is onder andere uitgevoer tydens die kroningsfeeste van Koningin Wilhelmina van Nederland.

‘n Ander lied wat hy in 1902 getoonset het, is Vaarwel aan die Vierkleur, met woorde deur Pres FW Reitz (1844 – 1934). Dit is spesiaal getoonset vir die terugkeer van Pres Paul Kruger se oorskot vanaf Nederland na Suid-Afrika in 1904.

Sumatra Post, 25 September 1920: “Een man die leefde voor zijn volk en dezen kunst en taal in’t hart draagt en die liefde uitspreekt in daden van waarachtige schoonheid. Een baanbreker op het speciaal gebied van’t volkslied, die aan het Nederlandsche volk een kunst geschonken heeft vol klemkrachtig zaad van schoonheid, wijsheid en goedheid. Een vriend der Vlamingen, die aan zijn landgenooten het heerlijk voorbeeld verstrekt van wat Noord- en Zuid-Nederland moet vereenigen, die broederlijk de hand reikt aan de kunst van ‘t Zuiden en aldus den geestelijken gezichteinder van Nederland helpt verrruimen en de toenadering bewerken tusschen twee loten van een volksstam, die naar oorsprong, taal en overlevering, zoo nauw zijn verwant. Deze talentvolle toondichter en onvermoeibare werker, deze echte vaderlander en joviale mensch is: J.P.J. Wierts.”

Die Algemene Handelsblad, Nederland (26 Februarie 1920) berig van Wierts se inskrywing om ‘n Franse lied by die Eucharistisch Kongres te Carthago te toonset, waarvoor hy die tweede prys uit driehonderd en vyftig inskrywings verower.

In dieselfde koerant van 25 Mei 1926 staan geskrywe: “Op ‘n huldigingsaand het die Algemene Nederlandse Verbond te s’Gravenhage hom (Wierts) vereer met ‘n Nasionale Huldeblyk. Die spreker was M.A.M. Waszink. Die huldeblyk is afgesluit met verskeie musiekopvoerings en ‘n gesellige samesyn.”

Met sy sestigste verjaarsdag berig die koerant De Tijd (9 April 1926): “Die Haagsche Gemeente koor het by sy huis hom gaan gelukwens. Toe Wierts voor sy huis verskyn, is hy deur die koor en talryke ander teenwoordig toegejuig.”

Wierts was ‘n Ridder in die Orde Oranje-Nassau en die Pous het in 1911 aan hom die goue ere-kruis van kerklike onderskeiding, Pro Ecclesia, toegeken.

Volgens Keet se nalatenskap het JPJ Wierts in 1932 in Wilhelminastraat 8, Den Haag, gewoon. Hy sterf op 77 jarige ouderdom op 19 Februarie 1944 en sy oorskot word weggelê in die familiegraf in die St. Barbara Kerkhof, Utrecht, Nederland.

JPJ Wiets was bevriend met Wolfgang Wijdeveld en Flor Peeters. Hul verwerking van Fuga in G duren een koraal uit Cant. 22 v.d. Leipziger Cantor voor orgel is uitgevoer tydens die diens wat gehou is vir JPJ Wierts, soos gesien kan word in die In Memoriam berig in De Residentiebode van Dinsdag 11 April 1944.

In Tilburg, Noord Brabant, is ’n straat na hom vernoem - Wiertsstraat.

Ander Afrikaanse digters getoonset

CL Leipoldt, CS Adama van Scheltema, HH Joubert, R de Clercq, G Gezelle, Totius, P Deys, JFE Celliers, FW Reitz, T Wassenaar en A Nahon.

Pontonniers

Iets minder bekend, maar nog steeds veel gezongen, is het Pontonnierslied. Ook dit lied heeft een ouder origineel met een ietwat ‘stichtelijker’ tekst. Dat stamt uit 1914. Kapitein J.M. van Hoogstraten, zelf een pontonnier te Dordrecht, schreef de oorspronkelijke tekst. De componist J.P.J. Wierts maakte er de muziek bij.

In Memoriam artikel

Toonsetting: Klaas Vakie

Toonsetting: Verlange

Toonsetting: Amsterdam

Toonsetting: Voorjaarslied

Toonsetting: Winter