Jan KROMHOUT II

JAN KROMHOUT II

* 17 September 1886, Edam-Volendam, Noord-Holland

† 13 Junie 1969, Witrivier, Transvaal, Suid-Afrika

Gedigte

Moeder
Kafferkindjie
Maar één Suid-Afrika (vier verskillende toonsettings)
Groot Suid-Afrika
As saans
O, ken jy die gebed
Soveel is daar geskrewe
Hier in die wêreld
Muskietejag
Klaas Vakie
Sonnedaal
Trippe trappe trone
Kinderlied
Aandmymering
Sneeu

Samesteller van woorde, boeke, taal-handleidings, kinderboeke, kritikus, redakteur, komponis en vertaler. Hy het sy christenskap uitgelewe

Alinde was die bynaam wat hy soms vir sy toonsettings gebruik het.

Pa, Jan Kromhout na wie hy vernoem is, is gebore op 12 Julie 1865 te Oost-Vlieland, Friesland en is op 27 Januarie 1957 oorlede. Jan se ma was Elisabeth Groot. Vier kinders is uit die huwelik gebore; Chris, Frans, Trientje en Jan - die komponis.

Jan se vrou, Alida Smits is op 21 Februarie 1887 te Haarlem, Kennemerland, Noord Holland gebore en is op 2 September 1966, op Rietkuil, distrik Middelburg, Transvaal oorlede. Die kroos uit hul huwelik was Jan, Constantia Adriana Elizabeth, Michael Angelo, Elizabeth Catharina, Frans, Pieter en Alida.

Jan het skoolgegaan in Amsterdam en Haarlem in Nederland. Na sy militêre diens in Hilversum, emigreer hy in 1910 na Suid-Afrika.

Die eerste skool waar hy klas gegee het, was Hilton College. Hy het ook skoolgehou in Hendrina, Rietkuil, Ladysmith, Machadodorp en Waterval Boven en was hoof van verskeie skole. In die omgewing van Krugersdorp het hy vir ‘n boeregesin in ‘n sinkgeboutjie skoolgehou en hy is later tydens die rebellie geskors. Nog later het hy vir ‘n boeregesin in Volksrust skoolgehou. Engels het hy binne drie weke op die skip na Suid-Afrika, uit ‘n Engelse Bybel geleer. Hy was in verskeie opsigte baie begaafd en kon baie mooi sing en klavier, orrel en viool uitmuntend bespeel. Skryf was ook een van sy vele talente. Hy het ook ‘n aantal liedere getoonset, onder andere Winternag van Eugene Marais.

Ongeveer negentien Afrikaanse gedigte wat hy getoonset het, het hy aan dr Hugo Gutsche van die FAK gegee, maar dit was apart geboekstaaf, want die FAK redaksie wou dit nie opneem in die bundel nie (sy ouma Dollie Kromhout het dit op skrif gehad). Hierdie komposisies wat aan dr Hugo Gutsche gegee is het verlore gegaan. Daar is genoem dat van sy komposisies wel in die 1983 FAK se Mannekoorbundel no 1 opgeneem is, maar dit kon nie opgespoor word nie. In die FAK Sangbundel van 1961 is “Eseltjie ry” opgeneem. Volgens medeling is daar in die 1940 Sangbundel ook van sy werk opgeneem. Jan was nie lid van enige uitvoerregte organisasie nie.

Kromhout en Keet het gereeld gekorrespondeer en Kromhout het die toonsettings wat hier gepubliseer is, aan Keet gepos en in die Keet Nalatenskap gevind. Ook die volgende toonsettings is daar gevind: HAL Hamelberg: Vrystaatse Volkslied, 26 Mei 1948; TJ Haarhoff: Die wens van Plato (1951); JRL van Bruggen: ‘n Simpel liedjie (1951); AG Visser: Geboorte van die Lente (1953), Princess Lointaine (Prinses van Verre) (1951) en ‘n Ruiterlied (Salut d’Amour) (1951); CL Leipoldt: Oktobermaand (1974); S.Ign. Mocke: Voorwaarts (1950) en 1951; W von Goethe: Schweizerlied (1953). Hierdie toonsettings is vir bewaring aan die Departement van Musiek, Universiteit Pretoria oorhandig.

As wewenaar en pensioenaris op die dorp Plaston te Witrivier, is hy op 13 Junie 1969 oorlede. Alhoewel Jan sewe kinders gehad het was sy dogter Alida Roelofse sy enigste erfgenaam.

Ander Afrikaanse digters getoonset

S Engela, B Traas (wat Keet se boek Verspotte Gediggies vir verspotte Kinders, geïllustreer het), MSB Kritzinger, HA Steyn, AJ van der Merwe, H Heese, CL Leipoldt, JH Senekal, EN Marais, MA Basson, HG Wells, C Coetzee, JH Been, JD Wetsels, JFE Celliers, AG Visser, HAL Hamelberg, TJ Haarhoff, JRL van Bruggen, S.Ign. Mocke en W von Goethe.

Brief van Keet aan sy seun op 7 September 1952

‘n Paar van die briewe van Kromhout aan Keet

Toonsetting: Groot Suid-Afrika

Toonsetting: Moeder

Toonsetting: Kafferkindjie

Toonsetting: Maar een Suid-Afrika (4 verskillende toonsettings)

Toonsetting nommer 1

Toonsetting nommer 2

Toonsetting nommer 3

Toonsetting nommer 4