JACOBUS KORT - Jac.
* 1910, Nederland
† 1982, Nederland
Trou foto in De Standaard, Donderdag 26 Julie 1934
Gedig
Amsterdam / Manhaftig Amsterdam. Die komposisie was by Samro geregistreer, maar hulle kon dit nie meer opgespoor nie
Orrelis, dirigent en komponis
Jac. Kort se kinderlewe is onnaspoorbaar, maar sy lewe as volwassene is indrukwekkend. In koerantartikels word begrippe soos vasberadenheid, kundige leier, goeie menseverhoudings, voortvarende dirigent, toegewyd, tegnies kundig, besield en christelik aan hom toegedig. JS Bach was sy gunsteling komponis, alhoewel hy met al die groot meesters ‘n musikale verhouding gehad het. Hy het daarna gestrewe om klank en kleur in harmonie met die teks waarvoor hy musiek skep, te bring.
Jac. Kort aan die woord:
“Waanneer je de vraag: wat is muziek? beantwoordt met dat catechismusboekje der muziek uit de vorige eeuw: muziek is een kunst om het oor te strelen, het hart te roeren en het verstand aangenaam bezig te houden.“
“Ik wil niet beweren, dat ik de Duitse bezetting mooi vond, maar voor mij is ze van meer betekenis geweest dan de tachtigjarige oorlog. Ze heeft ingegrepen in mijn leven. De begrippen oorlog, tyrannie, honger en bevrijding, voorheen slechts overgeleverd, zijn thans werkelijkheden voor me geworden.”
“De zin en de strijd van het leven, die vindt men in alle werkelijke kunst terug.”
Met sy troue met mej Voortman op Donderdag, 26 Julie 1934, was hy by die Buiten-Amstel- en Raphaelplein-kerk te Amsterdam self die orrelis.
Langedijk in Nederland was vir jare Jac. Kort se werksomgewing. Koorsang in die dorpe aan die Langedijk was populêr in die 1800’s. Die oudste koor was die Zangvereniging Orpheus. Lede van die sangverenigings was meestal uit die areas Oudkarspel en Noord-Scharwoude.
Met sy verwerwing van sy orrel- en klavierdiplomas en Akte vir Skoolmusiek, het hy na die Tweede Wêreldoorlog toenemend geïnteresseerd in onderwys en koorafrigting geraak.
Op 9 Oktober 1940 word die Zaans Bachkoor deur Jac. Kort gestig met die doel om JS Bach se musiek, soos die Johannes Passie en Weihnachts Oratorium, prominent te maak. Vier jaar later is die koor as gevolg van finansiële probleme en te min mans- stemme ontbind.
Die volgende berig is uit die Nederlandse koerant De Zaanstreek, Algemeen Nieuws- en Advertentieblad:
“Die Israëlieten in der Wüste Uitvoering op 16 Nov. 1946 te Zaandam
Het Zaans Bachkoor zal, onder leiding van den heer Jac. Kort het door Carl Philipp Emanuel Bach gecomponeerde werk ,,Die Israëlieten in der Wüste” uitvoeren. Als datum voor de uitvoering te Zaandam is 16 November - Carl Ph. Em. Bach. De componist, Carl Phil. Emanuel Bach, werd. 8 Maart 1714 als 2e zoon van Johann Sebastiaan Bach geboren. In 1775 gaf hij zelf zijn oratorium „Die Israëlieten in der Wüste” uit en voerde het werk toen uit. Daarna verdween het, om in het jaar 1814 wederom op te duiken. Het Zaans Bachkoor zag evenwel niet tegen dit werk op, zodat met zekerheid kan worden aangenomen, dat het de eerste uitvoering in Nederland zal zijn. Het gegeven is een Bijbelse voorstelling, naamlijk de omzwerving van de Israëlieten in de woestijn. Zijn (Kort) directie is correct, zonder overbodige gebaren en de Zaans Bachkoor onder zijn leiding de kans heeft, goede dingen te doen.”
Jac. was lid van die Deputasie vir die revisie en uitbreiding van die bundel Enige Gezangen gedurende 1943 – 1945 onder die wakende oog van die sinode van die Gereformeerde Kerk in Nederland.
Met die 1950 Kersdiens te Zaamdam waar Jac. die kore begelei het, het vyftien duisend mense saamgetrek. Dit was ‘n emosionele oomblik toe die klokke om 12 uur begin lui. Daardie nag was dit ‘n reuse uitdaging om al die fietse op die terrein te akkommodeer.
Oor JS Bach se Weihnachts Oratorium wat Kort weer ingestudeer het, word geskryf:
”Dat voor de uitvoering van dit werk grote belangstelling zal bestaan, lijdt geen twijfel. Het is één der meest geliefde werken, dat het publiek in de Adventsweken voor Kerstmis gaarne hoort. Het werk bestaat uit 6 cantates, die vier uur in beslag zouden nemen.”
Hierdie werk het Kort vele male gedirigeer. Die grootste gesamentlike koor wat Kort gedirigeer het, was die ses Wormerveer kore bestaande uit vierhonderd en vyftig lede. Van die opbrengste van hul opvoerings is aan hospitale en rampfondse geskenk.
In 1950 word die Cresendokoor gestig en Kort word aangestel as die nuwe dirigent. Jac. was reeds direkteur van nog ‘n koor en toe die werklading onhanteerbaar word, amalgameer die kore en vorm in 1964 die Langedijker Oratoriumvereniging, met Kort as eerste dirigent.
Met sy vyf en twintig jaar jubileum as koordirigent in Langedijk, publiseer Kort die ontwikkeling van die koorlewe in Langedijk en hy word aangemoedig om die uitvoering van die ou meesters terug te bring. As gevolg van ‘n spasieprobleem het die dorpsmense voor elke opvoering saamgespan en met veilingkiste en geleende planke ‘n podium en verhoog gebou en weer na die tyd afgebreek.
Die inwoners het hul tevredenheid oor die diverse en groot oratoria wat hulle kon belewe laat hoor. Die Alkmaarse Courant se berigte besing die kwaliteit van die uitvoerings en die uitbreiding van die repertoire. Oorsigtelik het die Langedijker Oratoriumvereniging in die jare tot 2001 onder andere die volgende meesters se musiek uitgevoer: Haydn, Bach, Mozart, Händel, Faure, Beethoven, Mendelsohn, Vivaldi, Brahms, Poulenc, Hoffman, Schumann en Dvořác. Teen 2024 was die Langerdijker Oratoriumvereniging steeds aktief in Noord-Scharwoude.
Daar is in 1953 radio-opnames van Jac. se werk gemaak. Dit is ook die jaar waarin Cor Kees - sy jarelange vriend - en Flor Peeters saam orrel gespeel het en Jac. die dirigent tydens die opnames was.
Onder Jac. se vriende het getel Hendrik Timmerman wat ‘n Nederlandse dirigent geword het. Onder hierdie bekwame leermeester het Kort vanaf sy sesde jaar opleiding ontvang. By Cor Kees, orrelis en komponis, het Jac. orrel studeer. Kees het ook ‘n lewenslange vriend geword en was by die Zaans Bachkoor betrokke. Fred. Roeske was ook een van Jac. se leermeesters.
Jac. het effektief gebruik gemaak van koerante om homself, sy koor en sy leermeesterskap publisiteit te gee. In hierdie verband word spesifiek na koerante soos Het Weekblad, Anti-Rev. Orgaan voor de Zaanstreek, De Zaanlander, De Zaanstreek Algemeen Nieuws- en Advertentieblad en De Typhoon verwys.
Dit wil voorkom asof Jac. geen ander Afrikaanse digter as Keet se werk getoonset het nie. Sy komposisies en geskrewe boeke is op die internet beskikbaar.
In 1982 is Jac. Kort oorlede.
De Standaard, Donderdag 7 Februarie 1935
Hierdie advertensie word in vele koerante gesien waarmee Kort geadverteer het vir leerlinge
Dagblad voor de Zaanstreek, De Typhoon, Vrijdag 17 Maart 1950
Jac. Kort as dirigent van de Langedijker Oratoriumvereniging