HERRE FREDERIK DE VOS
* Vrydag, 2 November 1877, Amsterdam, Nederland
† Dinsdag, 21 Februarie 1948, Amsterdam, Nederland
Gedig
Muskietejag
Akteur, skrywer, komponis, korrespondent, vertaler, organiseerder van musiekuitvoerings en ‘n tenoor
Hy was die seun van Trijntje van der Hoek en meubelmaker Baltus Fredrik de Vos van Lijnbaansgracht 98, Amsterdam, digby die Anne Frank Huis en die Koninklijk Paleis.
Herre ontvang sy eerste sangopleiding van Jos. Tyssen en studeer later by die Skool vir Vocaal-dramatische-kunst van mej C Esser in Amsterdam. Hy het homself verbind aan die Franse operageselskap te ‘s Hage en aan die Covent Garden teater in London.
Herre trou op 5/6/1902 in Amsterdam met Jeannette Christina Petronella Abrams (4/2/1875 – 7/11/1957), ook 'n Amsterdammer.
As operasanger maak hy sy debuut in 1899 in De dochter van madame Angot van C Lecocq, saam met die teatergeselskap Adee en Co. Hy het gesing in die Franse Opera in Den Haag en tree op in Parys en Londen in samewerking met E Caruso.
Gedurende 1906 gaan hy terug na die Skool vir Vocaal-dramatische-kunst en ontvang verdere opleiding by JH Garms jnr. Hier bepaal hy hom op komposisies van liedere vir een sangstem, begelei deur klavier.
Herre het jare lank in die Rembrandteater en in die Koninklike Vlaamse Schouwburg in Brussels opgetree. Op Radio AVRO het hy gereeld praatjies gelewer.
Hy verwerk operettes soos Als de lente komt, vertaal toneelstukke en skryf kabarette soos De geneeskunde door de eeuwen heen. Hy komponeer Levensliedjes en tree self op as cabaretier en sanger saam met Jean Louis Pisuisse.
In 1913 was hy akteur in die film Wij dansen door het leven. Sy bekendste film heet Levensschaduwen (1916) en in 1936 speel hy vir oulaas in Jonge Harten.
Vertaalwerk wat De Vos gedoen het sluit onder andere in die lied Lili Marleen. In 1940 vertaal hy die lied in Nederlands, met as titel Onder de Lantaren. Die lied is oorspronklik in 1915 deur die Duitse soldaat Hans Leip geskryf voordat hy tydens die Eerste Wêreldoorlog na die Russiese front vertrek het. Met die herbekendstelling van die lied in 1942 (tydens die Tweede Wêreldoorlog) was dit besonder gewild aan alle fronte. Dit is bekend dat Joseph Goebbels hierdie lied as onpatrioties beskou het. Lili Marleen is een van die liedere wat na bewering gespeel is tydens militêre teregstellings. Die lied is vertaal in minstens 50 tale.
Herre se produktiefste tyd was vanaf 1899 tot en met 1920. In hierdie tydperk was hy betrokke by ongeveer tagtig toneelstukke, het hy by benadering 91 musikale werke en honderd publikasies wat in ses tale vertaal is die lig laat sien.
Hy het regdeur die Tweede Wêreldoorlog aanhou optree en werk. Die gedig Het Vrije Nederland wat deur Herre de Vos geskryf is, is deur Johan Sluijter en Annie Sluijter-Hoogenboom getoonset ter herinnering aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog en die totstandkoming van die Verenigde Nasies Organisasie in 1945.
De Vos is op 70 oorlede na ‘n buikoperasie in Binnengasthuis, Amsterdam, en op Saterdag 21 Februarie 1948 te Driehuis, Noord-Holland in die Krematorium te Velsen veras.
Die gedig van Keet wat De Vos getoonset het, is Muskietejag, vertaal in Nederlands as Muggejag, Een Zuid-Afrikaansche Zang. Hierdie handgeskrewe toonsetting is gevind in die Keet Nalatenskap. Die posdiensstempel op die koevert lees London F.S., Feb 25, 1926, 5:45. Keet se aantekening op die koevert versterk die vermoede dat die posstuk deur De Vos self aan AD Keet versend is.
Muggejag is gepubliseer in: Hollandsch-Zuid-Afrika, 15 Junie 1918; 9(12). Maandscrift voor de Leden der Nederlandsch-Zuid-Afrikaansche Vereniging en andere belanghebbenden.
Herre de Vos het geen ander Afrikaanse digters se werk getoonset nie.
De Telegraaf, 3de Jaargang, no 121, Vrydag 27 Februarie 1948
Radio-operette: “De dochter van de tamboer major"
De dochter van den tamboer-majoor op 22 maart 1926 om 8.10 uur werd uitgezonden door de Hilversumsche Draadlooze Omroep, en uitgevoerd door diverse solisten en het versterkte orkest van de H.D.O. onder leiding van J.J. van Amerom. Aan deze producties werkte een keur aan artiesten mee die al naam hadden gemaakt of nog zouden maken in de Nederlandse operette- en operawereld. Willy Bierlee, Jules Moes, Herre de Vos en Jan Grootveld werkten aan iedere productie mee.”
Posstuk uit Keet Nalatenskap met toonsetting van Herre de Vos, posstempel 25 Februarie 1926.
De Telegraaf, Nederland, Vrydag 1 Oktober 1937, Avond blad
Toonsetting: Muskietejag
Muskietejag in De Vos se eie handskrif: