HAROLD CHARLES KING
* 30 Desember 1895, Winterthur, Switzerland
† 12 Junie 1984, Amsterdam, Nederland
Gedigte
Amsterdam, 1933, Afrikaans en Engels vir mannekoor, uitgegee deur Donemus 1949.
“My musiek moet iets doen” - HC King
Harold C King van Enschede en Emmy Huchshorn van Amsterdam, het op 9 April 1926 in Enschede verloof geraak. Soos betaamlik geag is in 1926, is ‘n “ontvangsdag” bepaal vir 25 April 1926 vanaf 12h30 - 13h30 vir gelukwense aan die voornemende egpaar.
King se dryfkrag word deur die Nederlandse komponis en joernalis Wouter Paap in twee kategorieë ingedeel: “King was gedrewe deur innerlike noodsaak en inspirasie, aan die anderkant komponeer King uit idealisme, omdat komposisies mense vreugde moet verskaf. Wanneer die note opklink moes daar positiewe reaksie van die gehoor wees.”
King se musiek raak die luisteraar sodanig dat hy ‘n kamermusiekkompetisie met sewe en sestig inskrywings en internasionale beoordelaars wen.
Sy lewensdroom was om musiek of medies te studeer, maar hy het in die voetspore van sy pa gevolg en ‘n loopbaan as ingenieur opgebou. Hy het eers in Londen en daarna in Delft studeer, waar hy sy doktorale eksamen in ingeneurswese Cum Laude afgelê het.
Hy het weinig formele musiekopleiding ontvang, maar het as jong kind al met vele deuntjies geïmproviseer en mopjes gespeel.
Op veertienjarige ouderdom het hy deur toeval in ‘n Engelse kerk in Dusseldorf, waar hulle woonagtig was, diens gedoen as orrelis. Een man aan sy linkerkant, een man aan sy regterkant en hy op die orrelbank. Hulle het vir Harold aanwysings gegee oor die pedale en registers, en sodoende het die drie deur die diens gebeur. Hierdie toevallige gebeurtenis het uitgeloop op ‘n orrelispos, wat hy vir drie jaar behartig het. King was vir sy improvisasies bekend. In sy studente tyd by die Tegniese Universiteit Delft, het hy saam met ander studente kamermusiek gemaak en opgetree in studentekonserte.
Op ‘n stadium het die musiekspelery hom begin verveel en hy het as bedryfsingenieur en ekonoom by GEB, ‘n elektrisiteitsbedryf in Amsterdam gaan werk. In hierdie tyd het hy die geleentheid gekry om grondige teoretiese klasse in harmonie, kontrapunt en instrumentasie by C Dopper by te woon. Dopper het vir King sy hoorn (horing) gegee om op te oefen. Hy het ook Dopper se trompet leer speel. King se siening was dat ‘n komponis met so veel as moontlik instrumente vertroud moet wees.
Die verdere opleiding wat hy wel gekry het, was by H Badings. King noem dat hierdie tyd saam met Badings van veel nut was, want Badings was vreeslik streng - tot oor die kleinste detail.
Op Harold King se oorvol boekrak was die boek Naumann’s Muziekgeschiedenis uit 1885 wat Dopper aan hom geskenk het. Die boeke van Romke de Waard was ook op sy boekrak en dié het hy bestudeer voor hy sy Grachten-muziek voor Draai Orgel in 1961 gekomponeer het. De Waard was ‘n volwaardige regter, die stigter van die Vereniging van Draai Orgels en erelid van die Klokkespel Vereniging in Nederland.
‘n Herinnering wat by Harold gebly het is die somersaand in ‘n park in Utrecht, waar vyf-en-twintig draaiorrels saam gespeel het. Dit was toe reeds ‘n kuns wat besig was om uit te sterf, aangesien die vakmanne en dus die tegniese kennis en onderbou al skaarser geword het.
Vir sy komposisie Klein verhaal voor Bejaard (beiaardier) ontvang Harold die Visser-Neerlandiaprys. Die eerste prys van die Nederlandse Klokkenspel Vereniging is vir sy komposisie Klokmuziek voor Bejaard in 1958 aan hom toegeken.
Harold King beskou sy ongeveer veertig liedere as die mees geslaagde komposisies uit sy totale oeuvre, wat voorts bestaan uit orkes- en kamermusiek met uiteenlopende en uitsonderlike instrumentkombinasies.
Die Donemus uitgawe van Three Impressions vir tjellosolo het hy geskryf met ‘n keurige, duidelike handskrif, wat as ‘n unieke verskynsel beskou word. Hierdie vaardigheid is toegedig aan King se opleiding as ingenieur met as hoofvak tegniek. Hy was daarvoor bekend dat hy netjiese werk beskou het as die ideale oefenskool vir perfekte denke. Harold was per geleentheid verras oor ‘n toekenning aan sy Stryktrio, want alhoewel die spelers op tegniese gebied knap was, is die kwaliteit van hul samespel soms bloot as “onvoldoende” afgemaak.
In sy werkskamer was ‘n oorspronklike klavier van De Ruyter in Breda, vervaardig in 1825. Hy was dol op die helder, lig vibrerende hout van die instrument, wat ‘n ereplek in sy huis ingeneem het. So erg dat hy eintlik van die Bechstein vleuelklavier op die onderste vlak van sy huis vergeet het! Die instrument uit 1825 het hy in Den Haag opgespoor en self tweeduisend werksure afgestaan aan die restourasie daarvan. In 1957 was daar ‘n reeks konserte in die Museum Fodor in Keizersgracht te Amsterdam, waar die uitvoerende kunstenaars in historiese kostuums van die 18de eeu opgetree het en Harold die gerestoureerde instrument bespeel het.
Alhoewel hy besig was met verskeie komposisies, sou hy graag nog sy hand aan ‘n opera wou waag, maar het nie geweet wie sou die geskikte libretto wees nie.
In die Vijfde Internationale Muziek-concours het die Societa de Quartetto in 1954 te Vervelli, Italië, die Sectie Compositie Diploma di ammissione alle lettura finale aan hom toegeken. Dit was vir sy siklus Etre Poete, Cinq chansons pour un epilogue, gekomponeer vir fluit, sopraan, klarinet en klavier.
Kamermuziekcentrum De Suite gehuldig. Die bariton Carel Willink moes optree, maar was olik en bandopnames van die sang van King se liedere is v oorgespeel. Rene van Ast het van King se liedere uitgevoer. Na afloop van die konsert het Donemus in die Muziek-centrum in Jacob Obrechtstraat, Amsterdam ‘n feestelike ontvangs aangebied waar Wouter Paap ‘n gepasde toespraak gelewer het. Harold King se oeuvre bestaan uit 84 komposisies, 106 publikasies in 6 tale, verkrygbaar in 167 biblioteke wêreldwyd.
Ander Afrikaanse digters getoonset
L Leipoldt, JFE Celliers, AG Visser.
Nieuwe Heerlemsche Courant 20 Februarie 1963
HET PAROOL, 21 Desember 1965
Toonsetting: Amsterdam