HANS ROLF RIPPERT - Ivan Rebroff
* 31 Julie 1931, Spandau, Duitsland
† Februarie 2008, Frankfurt am Main, Hesse, Duitsland
Gedig
Maar een Suid-Afrika, op die Afrikaanse langspeel plaat ‘‘Vir Jou Suid-Afrika’’ 1971.
Maar een Suid-Afrika op YouTube
Sanger, akteur, skilder, beeldhouer, dosent
Daar word beweer dat, as nadraai van die moord op Tsar Nicholas Alexander Romanov en sy familie in 1918, die gesin Rippert in 1923 vanaf die toenemend anti-semitiese Rusland na Parys moes vlug. Ivan is tydens hierdie tog twee maande te vroeg op ‘n spoorwegstasie in Spandau, Duitsland gebore.
Sy pa, Paul Rippert, gebore 1897 in Liebenwerde, Siberië, was van Joodse afkoms en het in Duitsland as ingenieur gewerk. Sy ma, Luise Fenske, is gebore in Bydgoszcz in Suidelike Rusland en was ‘n christen.
Ivan Rebroff (soos Hans Rolf Rippert bekendgestaan het) vertel van sy gewaarwordinge gedurende Wêreldoorlog ll in Duitsland: “I discovered it was not necessary to have too many things around us. At night there were bombs but we were happy. There was no electricity, no grammophone in those days but we had our own music. The old Russian tradition to sing... so this was the roots of my great love for voice and singing. My mother had one of the most fantastic voices but she had no possibility to develop a career.”
In Russies beteken sy verhoognaam “Ivan” iets soos “Tommy” en sy verhoogvan “Rebroff” beteken na bewering rib in Duits, of is moontlik ‘n verwysing na ‘n bekende sanger by die Bolshoi teater in Moskou.
Ivan het opgegroei in Belzig en Halle (Saale) in Saxony-Anhalt en in Belzig, Brandenburg, waar hy lid van die bekende seunskoor Stadtingechor zu Halle was. Vanaf 1951 tot 1959 studeer hy met ‘n Fulbright beurs sang, viool en verhoogoptrede aan die Hochschule für Musik und Theater in Hamburg. Sy dosent, Adolf Detel, het hom bekendgestel aan Oos-Europese liedere. Hy kon behalwe Duits, ook Russies, Frans, Italiaans en Grieks praat, en boonop ook in Engels en Afrikaans sing. In 1958 was hy ‘n sanger in ‘n Duitse koor wat geïnspireer is deur Russiese volksmusiek.
Ivan se groot deurbraak kom in 1968 toe hy die rol van Tevye van Anatevka, die alombekende Fiddler on the Roof, vertolk het. Verskeie ander rolle in operas, teater, films en televisieverskynings het gevolg. Met sy eerste Russiese toer in 1988 is hy uitbundig deur die Russiese publiek ontvang.
Rebroff het 2 keer in Suid-Afrika getoer, en het gehore met sy Afrikaanse uitspraak betower. Van Keet het hy Maar een Suid-Afrika uitgevoer. Ander Afrikaanse liedjies in sy repertoire: Lief blompies in die maanskyn, Huisie in die berge, Heimwee, Afrikaanse Wiegeliedjie, Ou Karooland, Boereseun, O Boereplaas, ‘n Liedjie van verlange, Aandlied van die voëls, Op my ou Ramkiekie, Gebed van ‘n jong meisie, Vaarwel my eie soetlief, Ken jy die land, Sarie Marais, My mense tuis, Danie lief, Oktobermaand, Kom dans Klaradyn - Sproetenooi, Wilde bergroos, Jy’s rein soos lenteblomme, My nooientjie in die moerbeiboom, Stil soos die nag en Die goeie ou tyd.
Hy was ‘n imposante figuur op die verhoog - oor die twee meter lank, met ‘n lang, ruie baard en geklee in tradisionele Kossakklere. Sy stem se reikwydte is deur die Guinness World Records as "...easily over four octaves from a low F to a high F, one and a quarter octaves above C", beskryf.
Gedurende sy laaste jaar op die verhoog het hy ongeveer 200 optredes, meestal klassieke kerkkonserte gelewer. Nadat hy weens gesondheidsredes uit die kollig getree het, het Ivan in Zell-Weierbacher naby Offenburg en by tye op die Griekse eiland Skopelos gewoon. Sy huis, wat hy self gebou het, het ‘n asemrowende uitsig oor die Egeïese see gehad, en is Villa Dionysos genoem, na die god van wyn, plesier en gekheid. Hier het hy vriende en kennisse onthaal en per geleentheid met sy boot, die Anatevka, see toe geneem.
“My paradise, the wonderful blue sea. Plum trees and olives and sheep and fresh garlic and cheese and home-made wine, 2000 years the cradle of civilisation was there. I can swim there in the sea.”
Gedurende die Griekse somers het hy maandlange kursusse vir sangers aangebied. In Parys het hy kort kursusse meestersklasse in interpretasie van die lied en volkssang, veral die Russiese Bel Canto, (Italiaans vir sang), aangebied. Hy was lid van die Association of Artists of Revolutionary Russia en die Moscow Union of Artists en hy het gedurende sy loopbaan ongeveer 7000 solokonserte aangebied. Sy laaste optrede was in Desember 2007 in Wenen, Oostenryk.
Rebroff het nooit getrou nie en na sy dood het ene Horst Rippert na vore gekom om sy nalatenskap op te eis. Die Duitse pers het Horst die “geheime broer” genoem. Horst was nege jaar ouer as Ivan en het beweer dat hy tydens die Tweede Wêreldoorlog in sy vegvliegtuig raakgeskiet deur die Franse skrywer Antoine de Saint-Exéupry.
Ivan Rebroff het 50 langspeelplate laat opneem en 37 goue plate ontvang, met meer as ‘n miljoen verkope wêreldwyd.
Op 76 jarige ouderdom is hy in ‘n hospitaal in Frankfurt aan hartversaking oorlede. Sy laaste wens was dat hy veras moes word dat sy as in die Griekse see gestrooi moet word.
“To swim on a wave of friends and fans it’s a nice feeling. That’s why I’d walk around in the audience as I sang. To come in personal skin touch with people. That there is not curtain between us. That makes me happy.”
Naskrif: Alhoewel geen klinkklare bewys gevind kon dat Ivan Rebroff wél van Keet se gedigte getoonset het nie, kon die teendeel helaas óók nie bewys word nie. Gegee hierdie kunstenaar se unieke vertolking van Keet (en ander afrikaanse digters) se werk wat getoonset is, is ‘n grypgrepie uit Rebroff se werk - wat aan hom die voordeel van die twyfel gee - onder die vaandel van “digterlike vryheid” (sic) ingesluit.