Franciscus Florentinus PEETERS

FRANCISCUS FLORENTINUS PEETERS - Flor

* 4 Julie 1903, Tielen, België

† 4 Julie 1986, Mechelen, Antwerpen, op sy drie en tagtigste verjaarsdag.

Marieke Van Gorp en Flor Peeters (1969)

Gedig

Aan die kruis, 1947

Komponis, orrelis, lektor en skrywer

“Zoals u misschien weet, ben ik van Tielen … en mijn vader was daar postmeester-koster-organist. Ik speelde al klavier toen ik nog een klein ventje was. Ik ging met vader mee naar de kerk en op zekere dag kroop ik zelf op de orgelbank en begon te spelen. Sinds die dag hield ik van het orgel en van mijn achtste jaar heb ik vader vervangen in het lof.” - Flor Peeters

Loopbaanhoogtepunte

1923 – Gradueer as 20-jarige met hoogste lof en word aangestel as professor aan die Lemmens Instituut en hooforrelis aan die St. Rumbold Katedraal in Mechelen.

1925 - Professor in orrel aan die Lemmens Instituut

1931 – 1948 Professor in orrel aan die Ghent Konservatorium

1935 – 1948 Professor in orrel en komposisie aan die Tilburgse Konservatorium, Nederland

1948 – 1968 Professor in orrel aan die Antwerp Konservatorium

1952 – 1968 Direkteur aan die Antwerp Konservatorium

1968 - Begin met aanbied van Meestersklasse aan die Katedraal in Mechelen

1947 – 1971 Orreluitvoerings in Europa, Amerika en Suid-Afrika

Franciscus Florentinus (Flor) Peeters het in Kerkstraat, Tielen, in die Kempen distrik digby die Belgies-Nederlandse grens opgegroei, as die jongste van 11 kinders in ‘n huis waar daar altyd musiek was. Hy het aanvanklik musiekonderrig van sy broers ontvang, en sy belangstelling in die artistieke was vroeg reeds opvallend. Van sy eerste komposisies het hy voltooi terwyl hy nog op skool was in Herentals en Turnhout en tydens sy hoërskooljare het hy die klavier, viool en orrel bestudeer – laasgenoemde onder die here H Quinen en J Brandt. Op sestienjarige ouderdom begin hy studeer aan die Lemmens Instituut in Mechelen, onder die leermeesterskap van die gerekende Mortelmans, Van Nuffel en Depuydt. Peeters het Renaissance musiek bestudeer en het polifonie deel van sy oeuvre gemaak. Hy het ook belanggestel in die twintigste eeuse ontwikkelings van poliritmes en politonaliteit. Hy was instrumenteel in die emansipering van die Vlaamse kultuur gedurende die 1930’s en het as gerespekteerde musikant hoogs suksesvolle optredes gedoen in die wêreld se mees prominente konsertsale; van Stockholm tot Moskou, van San Fransisco tot Kaapstad was hy bekend en gereken.

Peeters tree in die huwelik met Marieke van Gorp (1901 – 1981), wat, alhoewel sy self ‘n uitstekende pianis en klavieronderwyseres was, besluit om haar eie loopbaan ter syde te stel en vir haar man ‘n klankbord en ondersteunende lewensmaat te wees. Vir hul 3 kinders - Guido, Lieva en Frieda – was Marieke ‘n uitsonderlike moeder en volgens Flor kon sy die beste koffie maak!

‘n Gedissiplineerde, metodiese werkwyse was kenmerkend van Peeters se oeuvre. Tydens sy loopbaan het letterlik honderde orreliste in sowel sy eie land as tydens jaarlikse meestersklasse in Amerika opgelei.

Sy gedrewenheid word toegelig deur die volgende staaltjie: Marieke wou dat Flor soms ontspan en rus. Sy het vir die somervakansie plek in ‘n piepklein dorpie in Switserland vir hulle plek bespreek, juis omdat daar geen orrel was nie. Tipies Flor het hy binne enkele dae vasgestel dat die naburige dorp wel oor ‘n orrel beskik en die voorspelbare het plaasgevind.

Peeters sê oor sy werkswyse:

“Ek komponeer nie met ‘n instrument nie, ek improviseer nie om in die bui te kom om te komponeer nie. Ek skryf by my lessenaar. ‘n Komposisie groei van binne my. Wanneer ‘n musikale tema binne my ryp geword het, kom die oomblik wat ek dit, ongeag van waar ek is of wanneer dit is, moet neerskryf - tuis, op reis, in ‘n trein, boot of vliegtuig. Vakmanskap is baie belangrik, maar dit moet onderdanig wees aan die kreatiewe proses.”

Peeters was ‘n gekultiveerde man wat vier tale magtig was, en ‘n uitgebreide biblioteek en kunsversameling aan huis gehad het. Franse en Hollandse lektuur (van onder andere die gunsteling Vlaamse skrywer Marnix Gijsen, was deel van sy afleiding tydens vakansies. Peeters het verskeie boeke oor musiek die lig laat sien, onder andere die bekende Ars Organi (in drie volumes en in vier tale gepubliseer) oor orreltegniek en in 1957 die The Little Organ Book. Hy was ook redakteur van die 1938, 1945 en 1948 volumes van Old Netherlands Masters for Organ en Alte Orgelmusiek aus England und Frankreich: Altniederländische Meister (1985).

Peeters se eerste gepubliseerde toonsettings was ses liedere van Alice Nahon, ‘n vriendin van sy vrou. Later het hy gewerk met gedigte van R de Clercq, J Simons, H Thans, G Gezelle, J Hammenecker, M Gilliams, J Tulkens en G Helderenberg en tekste van Suid-Afrikaanse digters en Franse skrywers.

Peeters se vriendekring het bestaan uit mede-kunstenaars in visuele kuns (skilders en beeldhouers) soos A van Dyck, Pr de Troyer, M Mendelson, F de Boeck, J Minne en R Poot. Saam met hulle het hy ‘n goeie sigaar, goeie wyn en verfynde kookkuns geniet. Sy daaglikse wandelinge in sy tuin was sy stiltetyd.

Peeters se liefde vir optredes het vroeg na vore gekom en tussen 1924 en 1935 tree hy in onder meer België, Nederland, Denemarke, Duitsland, Parys en Italië op.

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het hy in Duits geokkupeerde België aangebly en alhoewel sy paspoort gekonfiskeer was, kon hy as professor voortgaan met klasgee in België en Nederland. Hy het geweier om voor Duitse gehore op te tree en in van sy komposisies kom sy teenkanting teen die oorlog en Duitsland na vore. Dit is bekend dat Peeters gedurende die oorlog as boodskapper tussen die Belgiese en Nederlandse Kerklike gemeenskappe opgetree het.

Na die Tweede Wêreldoorlog reis hy ook buite Wes-Europa en tree op in onder meer Amerika, die Soviët Unie, Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Australië, die Filippyne en in Brittanje, waar hy in 1949 met Rosa Nepgen kennismaak.

Peeters het tydens twee konsertreise in Suid-Afrika gehore beïndruk. In 1955 lewer hy 16 uitvoerings in Johannesburg, Kaapstad, Grahamstad, Port Elizabeth, Standerton, Harrismith, Durban, Pietermaritzburg, Pretoria, Potchefstroom, Bethel en Bethlehem en tydens die tweede konsertreis in 1970, vat EMOL (CH Weich), destyds musiekkritikus van Die Burger konsertgangers se belewenis saam: “Flor Peeters is ‘n genie – dis nie nodig om meer te sê nie.” Uit korrespondensie in die Keet Nalatenskap word afgelei dat Peeters tydens hierdie besoeke met Keet en sy werk kontak gemaak het.

Peeters se gewildheid verdien verdere aandag:

Op 25 Augustus 1967 lewer hy tydens die Festival van Vlaanderen ‘n sprankel-vertoning op die groot katedraalorrel in Mechelen wat grotendeels daartoe bygedra het dat hierdie fees ‘n jaarlikse instelling word. In plaas van ‘n toegangsfooi het die 700 feesgangers slegs ‘n minimale bedrag vir die gedrukte program opgedok. Hierdie Vlaamse musiekgebeurtenis het sodanig gegroei dat, toe Yehudi Menuhin op 16 September 1975 daar optree, 1388 toehoorders in die katedraal teenwoordig was. Die Festival van Vlaanderen het sedertdien uitgebrei en vertak en omsluit in sy huidige formaat verskeie kulturele- en sportaktiwiteite.

Met sy vyftigste verjaarsdag in 1953 het WEG Louw ‘n gedig vir Flor geskryf.

In 1971 het Koning Baudouin van België aan hom die titel van Baron toegeken. Hy het ook die volgende toekennings ontvang: Ridder in de Kroonorde, België; Offisier in de Leopoldsorde, België; Ridder in de Orde van Oranje-Nassau, Nederland; Ridder in de Orde van St.-Sylvester, Vakitkaan; Ridder in die Orde van St.-Grogorias de Grote, Vatikaan.

In 1962 ontvang hy die graad Doctor honoris Causa van die Katolieke Universiteit van Washington en in 1971 ‘n soortgelyke toekenning van die Katolieke Universiteit van Louvain.

België het op 26 Oktober 1996 ‘n 16 Belgiese Frank seël uitgegee ter ere van die komponis.

Flor Peeters seël

Peeters was ‘n lid van die Koninklike Akademie van Wetenskap, Lettere en Kuns van België en erelid van die Koninklike Akademie van Musiek in Londen.

Die gemeenskap van Tielen, Kasterlee, het op Sondag 4 Julie 2021 ‘n ses kilometer lange wandelpad ter herinnering aan Flor Peeters ingewy.

Enkele weke voor sy dood is hy deur die Belgiese regering vereer vir sy lewenslange bydrae tot die Kunste.

Flor Peeters was fisies sterk en dit was bekend dat hy tot sy tagtigste jaar steeds ses uur per dag met sy geliefde instrumente deurgebring het. Soos vele orreliste het hy in sy vyftigs ‘n rugkwaal en osteoporose ontwikkel, waarna hy noodgedwonge sy oorsese reise en optredes moes afskaal. Sy finale opvoering was in 1982, waartydens hy sy komposisie Ricercare, aan sy geliefde Marieke opgedra het. Na sy aftrede verhuis hy in Mei 1960 na Adagio, Stuivenbergvaart 27, Mechelen, waar hy tot sy dood sou voortgaan met komponeer.

‘n In Memoriam artikel in die tydskrif Orgelkunst (September 1986) verwoord die persoon wat Flor Peeters was:

“In de Memoriamint-Romboutskathedraal, onder het orgel, hebben 800 aanwezigen met diepe ontroering afscheid genomen van Meester Flor Baron Peeters. De ontroerende en verheven gedachtengang in kardinaal Danneels homilie, en de waarderende en dankbare woorden van Gaston Geens, Voorzitter van de Vlaamse Executieve, vermengden zich met persoonlijke herinneringen; gevoelens en gedachten van elk der aanwezigen. Zij communiceerden met elkaar, met de gregoriaanse gezangen, met de orgel- en koorcomposities van Flor Peeters. Zij onttrokken zich aan de aardse zwaartekracht om ontdaan van de afgestorven materie op te stijgen. Flor Peeters was gedurende minstens 60 jaar een actief kunstenaar die vele stormen heeft meegemaakt. Zijn leven was een hulde aan Het leven. Het was geworteld in stevige Vlaamse bodem. Het orgel en Flor Peeters zijn bijna synoniem geworden. Zijn schoonmenselijk familiegeluk met Marieken aan zijn zijde werkte inspirerend op velen. Bij haar verscheiden zocht hij naar een nieuw evenwicht. Deze zoektocht vond zijn verklanking in zijn laatste grote compositie, Ricercare. Hierin worden verschillende thema's ontwikkeld die uitdrukking geven aan het fysieke en mentale lijden, aan de opstandigheid tegenover lijden en dood, en tenslotte aan de berusting en de aanvaarding. Zijn warme, sonore basstem stimuleerde en vermaande. Hij kon zeer goed de menselijke tekorten en problemen beluisteren en helpen oplossen. Als vriend was hij totaal. Hij dulde geen kwaad woord over zijn vrienden of over de vrienden van zijn vrienden. Hij sprak steeds in eerbiedige en bewonderende zin over zijn collega's. Zelden formuleerde hij eerder remmende kritiek op anderen. Persoonlijk getuig ik met schroom, diepe eerbied en grote dankbaarheid dat ik aan mijn geliefde leermeester zeer, zeer veel te danken heb, zowel muzikaal, als menselijk. Hij was mijn echte leermeester, mijn «vader», mijn vriend. K. D'Hooghe, Hoofdredacteur.”

Die laaste woorde behoort aan Flor Peeters self:

"“When one is dedicated enough to his work, the invention will come. This invention provides for the living craftsmanship and … can give the composer the higher spiritual strength he needs to reach the highest regions of creation…”

Ander Afrikaanse digters getoonset

Eitemal, WEG Louw, JFE Celliers en ID du Plessis.

Van Keet het Peeters die gedig: Aan die kruis, getoonset. Hierdie toonsetting is in Zes Zuidafrikaanse Liederen in 1947 opgeneem en deur die uitgewer, Annie Bank in 1951 gepubliseer. Die Huisgenoot het die gedig op 1 Desember 1939 gepubliseer.

Flor Peeters se skrywes aan Modest Lauwerijs, 29 Mei 1959 en 3 Junie 1959


Keet se brief aan sy seun (datum onbekend) oor Flor Peeters

Zutphens Dagblad, Maandag 8 Desember 1958

Trouw, 25 Mei 1971

Toonsetting: Aan die Kruis