Edmund SALTIN

EDMUND SALTIN

* 25 November 1879, Cologne, Duitsland

† 1965

Gedig

Groot Suid-Afrika, meerstemmige toonsetting

Edmund was ‘n orkesmeester, orrelis, akteur, digter van vervloë opvoerings, liedere, liedtekste en komponis

Edmund se polisieregistrasiesertifikaat bevestig sy geboortedatum as 25 November 1879 en dat hy in die Katolieke geloof opgegroei het. Sy professie word aangedui as musikant en hy het diens gedoen in die Duitse weermag. Hy het met Helene Bastian in die huwelik getree en hulle was woonagtig in Bonn – met vyf verskillende adresse.

Hugo Gutsche het per brief op 8 Maart 1946 vir Keet van E Saltin vertel. Edmund Saltin en Aennchen Schumacher (1860 - 1935) het mekaar in Duitsland geken en saam gewerk in haar onderneming. Saltin het werk van beide Schumacher en Keet getoon-set.

Die argief in Bonn bevestig dat Saltin twee poskaarte, geadresseer aan Die Restaurant, Aennchen, Bad Godesberg, gestuur het waarop die liedere Das Deutsche Lied en Die Lindenwirtin zu Godesberg aangebring is. Dit was by hierdie herberg waar Saltin en Aennchen Schumacher saam musiek gemaak het.

Aan die einde van die 1920’s, toe Aennchen Schumacher toneelspel aangedurf het, het Ferdinand Schroeder die teks vir ‘n driebedryf liriese student-opvoerings, met die titel Aennchen geskryf. Saltin het die musiek vir hierdie werk gekomponeer.

Die Stadtarchiv und Stadthistorische Bibliothek in Bonn het die foto verskaf wat hulle klaarblyklik van Saltin uit Rusland ontvang het.

Hugo Gutsche het op 8 Maart 1946 aan Keet hierdie nota gestuur

Toonsetting: Groot Suid-Afrika