Dirk Jan BRIENNE

DIRK JAN BRIENNE – Dick

* 30 Oktober 1909, Kampen, Nederland

† 27 Mei 1974, Kampen, Nederland

Gedig

Klaas Vakie, wat nie opgespoor kon word nie

Dirk Jan was orrelis, verwerker van Psalms en Gesange, komponis en dirigent

"….ook met het ‘Jagerslied’ van Kücken en het prachtige Afrikaansche liedje ‘Klaas Vakie’ van A.D. Keet – D.J. Brienne, hadden de jeugdige zangers groot success…" - ’n Uittreksel uit die Leeuwarder Courant 12 Maart 1941 (Uitvoering van Kinderkoor Jong Excelsior)

Dirk Jan Brienne het vir HC van Oort en HW Wolff deur hul gesamentlike belangstelling musiek geken - al drie was toonsetters van Keet-gedigte en hul werk is opgeneem in hierdie dokument.

Pa Bastiaan Brienne was twee en dertig en 'n posman toe Dirk Jan gebore is. Sy ma was Elizabeth Franssen.

Dirk Jan trou met Johanna Stoel (1/11/1911, Ijsselmuiden -- 14/11/2002 Ijsselmuiden) in 1961. Dirk Jan was dirigent vir die Hervormd Kerkkoor te Kampen, Overijssel, wat op 7 Maart 1938 gestig is. Van sy werk is gepubliseer deur die Muzikale Bladen Groningen en Musico in Den Haag.

In die Appeldoornsche Courant van 12 April 1935 is 'n berig van 'n opvoering in Beekbergen 1934, waar die sangvereniging Jong Hosanna Kinderkoor deur DJ Brienne gedirigeer is.

Pamflet van toonsettings

'n Pamflet van verskeie toonsettings van geestelike liedere wat deur die kerke in die vroeë 1900's in Nederland gebruik is, wys die werk van DJ Brienne, asook sommige toonsettings van HW de Wolff.

Leeuwarder Courant, Woensdag 12 Maart 1941

Uittreksel uit ‘n lang berig oor die Jong Excelsior koor.