Connie COETZEE

CONNIE COETZEE

* Oudtshoorn, Kaap Provinsie

† 1960/1962, Vaalspruit, Smithfield, Oranje Vrystaat

Op hierdie foto is Connie (as ‘n jong dogtertjie, tweede van links) in Augustus 2022 deur Daniel CB Coetzee, ‘n verlangse familielid, wat in Paraguay gewoon het geïdentifiseer. Hy is kort daarna deur ontvoerders vermoor en kon dus nie verdere inligting verskaf nie.

Gedigte

Orgideë
Maar een Suid-Afrika
“Dichter sind Lügner”, vry vertaal deur Keet as “Ewig, ewig so” en deur Connie Coetzee getoonset.
Die toonsettings van laasgenoemde 2 gedigte kon nie opgespoor word nie.

Na bewering deurloop Connie haar skooljare op George in die Suid-Kaap, waar sy musiekopleiding ontvang en ook Duits leer.

‘n Verlangse familielid van Connie vertel: Ja, die tant Connie wás nogal eksentriek. Ek het haar as jong, om en by ses tot tienjarige kind nie as besonder kindervriendelik ervaar nie. Maar sy kon die tjello mooi speel. En die Vaalspruitwals was vir my nogal ‘n mooi stukkie musiek.

Volgens dr Gerrit Bon was Connie Coetzee besonder musikaal en verdien haar liedere ‘n permanente plek indie repertoire van ons sangeresse.

(Daar word beklemtoon dat die (weinig) data wat oor Connie Coetzee verkry kon word verwarrend – en selfs weersprekend van aard is. Dit is dus liefs weggelaat. In SAME is bv SLEGS haar naam en van gepubliseer. Geverifieerde gegewens wat Connie Coetzee se lewenskets kan korrigeer en/of aanvul sal verwelkom word - Samesteller).

Komposisies van Connie Coetzee volgens FZ van der Merwe-versameling 2:29:

Datie, ‘n wals liedjie

Die Liefde (1951) is ‘n huwelikslied vir haar seun, met eie woorde.

Sunshine/Sonskyn word in FZ van der Merwe-dokument aangedui as Keet se gedig, maar dit is foutief.

Vaalspruitwals is haar bekendste gedig en komposisie

Ander Afrikaanse digters getoonset

MER, JFE Celliers, CM van den Heever

Toonsetting: Orgideë